Don't like the adverts?  Click here to remove them

Translaton needed

Chas

Well-Known Member
Supporter
Joined
Mar 15, 2010
Messages
17,472
Garage
Country Flag
england
I think these are Saffa jokes, can someone translate please?

Ek weet nou nie hoe jy oor spinnekoppe voel nie maar ek ry eerder 'n fiets sonder 'n saal as om een te konfronteer.

Ja, gisteraand lê ek rustig en lees, minding my own business.....bedlampie brand baie "domesticated" en sag met die komplimente van Cash Crusaders, toe ek so 'n sagte geskarrel in die kamer hoor. Ek dog eers dis die mot wat wil selfmoord pleeg teen die bedlamp se bulbpie...

Kyk... nee, mot se kind sit so stil soos 'n pedigree foksterrier wat razor blades skuit.. Toe's die skuifel geluid weer daar en ek skrik alles regop wat plat was...en pap wat op was!

'n Onaardse gedrog van 'n spinnekop met W.P. rugbykouse, en wat as weltergewig kan inweeg, toer teen 8 000 refs oor die vloer en spring sommer so met die laai se handles teen die bedkassie op!

Op slag kak ek my beste linne in 'n herfs kleurskakering in. Lyk of iemand my bed kapoenkleur, so tussen kak en pampoen gespray paint het. Ek moer alles, boek, bedlamp, asbak, glas, die toetie tot op die laagste vlak van die kamer, die vloer.

Ek skrik my enigste aambei wat ek het dat hy op my kuite hang! Nou's die moerse spaaider nog tussen my en die kombuis, waar ek, omdat hulle my so mollesteer, deur die jare, 'n arsenaal van Doom vergader het. Nou weet ek, nou sal ek flat out moet hol vir daai Doom.

Ek pluk my enigste halfnat Jockey aan sodat die aambei my nie pootjie nie. Toe trek ek weg kombuis toe dat die briekmerke soos 'n straatkaart in my Jockey vergader... en ek 10 sekondes by die kombuisdeur moet back paddle om nie twee agterdeure te hê nie.

Lord of the Dance se gat my bra!

Terug..... Daar sit die bliksem nog! Sommer so met die briektrek spuit ek al..... gelukkig net Doom! ...Osoonlaag en al daai goeters, se moer! Spuit hom leeg!

Duik my harige vyand soos Ryk Neethling agter die bedkassie in. Moer toe moet hy wees na daai dubbel Doom en strontreuk wat nou dikker as toffie in die kamer hang.

Ek trek die kas bietjie vorentoe, skiem nog so ek het gewen, toe skielik hol daai 4 wheel drive monster van 'n aardsgedrog teen die muur uit, reg voor my oë verby, tot kophoogte.

Agt oë soos Beetle wheelcaps kyk my vierkantig in my twee ogies. Nou's dit nag. Ek verlaat myself, my water breek, my knieë swik, my longe loop leeg, my lippe parteer van mekaar.

Ek beskuie my weer sonder enema. 'n Kreet verlaat my binneste, ontsnap oor my trillende lippe. Dis toe dié klanke wat Black Sabbath en Uriah Heep na die Drakensbergse seunskoor laat klink. Dit was maar ook Spiderman se laaste asem, want net daarna los hy als en kom skeef skeef grond toe, soos fisant stront in vlug.

Al retererende het ek en Doom die veldslag gewen!
______________________________________________________________________________
Nou die dag gaan koop ek 'n sak EPOL hondekos by Pick 'n Pay en terwyl ek so in die ry staan, vra 'n vrou agter my of ek 'n hond het.
Sommer aspris, sê ek vir haar: Nee, ek het nie 'n hond nie - ek begin weer met die EPOL diëet.
Ek sien sy kyk my so snaaks aan, maar ek gaan aan: "Eintlik weet ek dat ek nie weer op die diëet moet gaan nie, want laaskeer het ek in die hospitaal beland - wakker geword in die intensiewe eenheid met pype wat uit elke gaaitjie in my lyf kom . Maar ek het 22kg verloor en dit was die moeite werd."
Ek vertel haar dat die EPOL diëet eintlik volledig voedsaam is met al die vitamienes en minerale wat mens nodig het. En dis so maklik! Al wat jy doen is om jou broeksakke vol te maak met EPOL nuggets en jy eet een of twee wanneer jy ookal honger voel.
Teen hierdie tyd luister al wat 'n persoon is na my storie - veral die ou wat agter die vrou staan.
Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospitaal beland het van voedselvergifting.
Ek antwoord toe: "Nee, ek het oor die straat gestap.In die middel van die straat moes ek eers gaan sit om my privaatdele te lek, toe ry 'n kar my raak!" EK DOG DIE OU AGTER HAAR KRY 'N HARTAANVAL VAN DIE LAG!
SIMPEL VROU - VIR WIE HET SY GEDINK KOOP EK DIE HONDEKOS!!!!!!!
 
Back
Top